Oor Ons

Die plaashuis

Die groot grasdak plaashuis is aanvanklik deur ‘n Breebaard gesin gebou, en omskep in ‘n onthaal fasiliteit. Diamantvallei is in 2001 deur Hendrik en Alida Verwoerd en hulle skoonseun en dogter Vaughn en Marle Stoman (die huidige eienaars) gekoop. Die Stomans met hulle vyf kinders woon in Engeland waar Vaughn ‘n veearts is, terwyl Hendrik en Alida tot en met hulle verhuising na Orania in 2019 troues en verskeie ander funksies aangebied en die gastehuis bedryf het.

Die grond word permanent bewoon deur vier gesinne met drie-en-twintig kinders wat getuisskool word en dit huisves ook die kantore van ’n paar ondernemings.

Slag van Donkerhoek

Diamantvallei Landgoed is geleë op ‘n gedeelte van die grond waar die Slag van Donkerhoek in 1900 gedurende die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het. Hier het die Boere die Kakies laat les opsê met ‘n skamele 6000 man, 22 kannonne en een Longtom, teen 14 000 soldate en 66 veld kannonne en 6 swaar kanonne. Daar is steeds murasies van skanse te sien op die plaas. Leer HIER meer.

KragDag

Diamantvallei is ook die tuiste van die jaarlikse KragDag selfstandigheidsekspo waar daar in 2019 440 ondernemings uitgestal het en dit deur 21 400 ekspogangers bygewoon is.


Verskillende gemeenskapsaktiwiteite soos kursusse wat insluit hoe om jou eie sonkrag te installeer, byeboerdery, akwaponika, elektronika, fotografie, programmering en karaktervormende en kennisverrykende praatjies vir kinders word ook aangebied.


Back to top
afAF