Content inside DIV! Note: Fade effect enabled. Height programmically defined. DIV hidden using inline CSS.
Oorsig
Onthaalplek
Hierdie pragtige, landelike grasdak-onthaalplek is 'n lushof met groot, groen grasperke, omring deur loofryke bome en ander plantegroei. Dit is die ideale plek vir 'n tuintroue, maar ons het ook 'n stylvolle, dog knus, onthaalsaal, met net soveel sjarme, wat tot 130 gaste kan akkommodeer. Ons venue leen hom eweneens tot formele of informele dekor, volgens jou smaak en voorkeure.
Diamantvallei se kapel met sy grasdak, houtbanke en-pilare laat gaste heerlik ontspan terwyl hulle 'n uitsig het tot ver oor die vallei met sy groen bome, grasvelde en beeste wat rustig wei. Daarby het ons ook 'n natuurlike woud waar seremonies ook kan plaasvind onder stil bome en voëlgesang.
Diamantvallei is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar. Roete-aanwysings.
Kinders is baie welkom – ons pas graag aan by die behoefte van ons kliënte.
Gastehuis
Bed en Ontbyt-akkommodasie is beskikbaar vir huweliksgaste of enige ander besoekers aan die area, wat graag naby aan die stad, maar tog nog in 'n landelike omgewing wil oorbly. Daar is ses dubbelkamers wat geskik is vir die doel.
Kontakinligting Skakel gerus vir Alida, Chantel of Hendrik
Telefoon:
(012) 736-2154 / 2735 (Telkomlyne onbetroubaar - indien geen antwoord / aanhou lui, probeer asb. die selfone of e-pos)
Selfoon:
083-258-5239
Fax:
0866 950 752